| |
|
|
 |
Op die Golf in Fokus DVD in Afrikaans.. |
|
| |
...word die top tien redes hoekom golf spelers nie “90” breek, behandel. Oorsig van basiese fundamentele beginsels, verkeerde greep, posisie en swaai, geen goeie oefen prinsiepe, verwarrende en gekompliseerde instruksie, afwesigheid van behoorlike swaai metode kennis, geen fokus, onvermoë om die baan te lees, handhaaf nie behoorlike fiksheid, weerstaan instruksie en trotsheid is die top tien redes hoekom golf spelers misluk.
Die DVD fokus op beide die fisiese en emosionele aspekte van die spel, van ‘n baie ervare golf pro se oogpunt. Aanbieder, Heinrich Britz slaag daarin om die kyker die “hoe, hoekom en hoekom nie…” van die spel leer, deur gebruik te maak van oor die 30 jaar se afrigting van albei geslagte, fisiese kondisies en ouderdomsgroepe. |
|
 |
| |
Heinrich is baie prakties en verstaan die tekortkominge van die beginner en die miskonsepsies van die meer ervare golf spelers. |
 |
| |
Die DVD is vol van wenke en geite en sal dien as ‘n standaard verwysings medium vir al die fundamentele beginsels van golf. Die wenke en raad wat gegee word oor elke aspek van golf is presies die sort ‘geen nonsens’ tegniese, praktiese en emosionele advise, wat enige golf speler by kan baat. |
 |
| |
Dit bou dan selfvertroue wat dan die spel baie prêt maak om te speel. Regdeur die verskillende golf lesse op die DVD, van die chip na die greep na die swaai na die set, word ‘n algemene kennis verstandhouding gehandhaaf. Dit veroorsaak dat die “analise paralise” vermy word, wat kan lei tot verwarring in plaas van helderheid. |
 |
| |
Op ‘n meer ernstige noot word daar gekyk na etiket op die golfbaan.Aspekte soos die gepraat op selfone, aan slagmerk herstelling, stigtelikheid ens. Pragtige natuurtonele kan besigtig word op die DVD, omrede die verfilming alles by die Hans Merensky golf baan net buite Phalaborwa, wat aan die Nasionale Kruger Wildtuin grens, in Suid Afrika gedoen is. |
 |
| |
Bonus mikro lig vlugte oor n verskeidenheid van wild word gesien en skreeusnaakse grap tonele, met Afrikaanse humor kan geniet word. Asof dit nie genoeg is nie, is daar selfs golf IN die Olifantsrivier gespeel. |
 |
| |
Die DVD is in 16:9 formaat en is verfilm met 3ccd uitsendings kwaliteit kameras en klank opgeneem deur studio kwaliteit mikrofone, wat die pure kyk plesier verseker op enige draagbare DVD speler of TV. Die DVD bestaan uit n spyskaart met afsonderlik getitelde hoofstukke, wat dit baie maklik maak om afsonderlike lesse te kies, of die hele DVD kan van voor tot agter gekyk word, deur net ‘ ENTER' te druk. |
|
 |
| |
Die belangrikste les op die Golf in Fokus DVD is: ontspan en geniet dit!!! |
| |
|
| |
 |
| |
|
| |
|
|
|